Update
OUDTSHOORN NUUS - Meer as 300 mense het verlede Donderdag met entensuur by die burgersentrum saamgekom om vir reën te bid. Ds Heinrich Titus, prediker van Somerset-Wes, het die geleentheid gelei.
Mense uit alle sfere van die samelewing, kerkleiers van verskillende denominasies, plaasboere en hul werkers, huisvroue, sakelui en professionele persone het die diens bygewoon vir gebede om reën om die knellende droogte te breek.
Ds Titus het verwys na 1 Konings 14: 42 waar Elia vir Agap vra om op te staan, te eet en drink en te gaan kyk en luister na die gedruis van reën.
“Die groot uidaging vir ons almal is om nie ons harte teenoor God te verhard nie. Ons het nie net fisiese reën nodig nie maar ook geestelike reën om mense se harte sag te maak.”
Hy wou ook weet of almal teenwoordig bereid is om soos 'n Agap van die Bybel sewe maal te gaan kyk,bid en kyk vir reën.
Die diens is afgesluit met 'n video van Heinz Winkler se reëngebed en die sing van “Loof Hom, Loof Hom” onder die klank van twee ramshorings.
Meer as 300 mense het saamgekom om te bid.
Ds Titus het verwys na 1 Konings 14: 42 waar Elia vir Agap vra om op te staan, te eet en drink en te gaan kyk en luister na die gedruis van reën.
Die diens is afgesluit met 'n video van Heinz Winkler se reëngebed en die sing van “Loof Hom, Loof Hom” onder die klank van twee ramshorings.
Lees 'n vorige artikel hier: Biddag vir reën
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'