OUDTSHOORN NUUSFLITS - As inwoners nie dringend elke druppel water laat tel nie, sal watervoorsiening in Oudtshoorn kritieke afmetings aanneem.
Verskeie rolspelers in landbou en kerke in Oudtshoorn hou vandag, Donderdag 16 Augustus, 'n biddag vir reën.
Die organiseerders nooi alle inwoners van Oudtshoorn en die omgewing uit om tussen 13:00 en 14:00 by die burgersentrum saam te kom om te bid vir 'n einde aan die knellende droogte.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'