OUDTSHOORN NUUS - Die valbyl het sopas op Chad Louw (ANC) se kop geval nadat Chris Mcpherson (DA) as die nuwe uitvoerende burgemeester van die Groter Oudtshoorn verkies is.
Die stemproses is in die ANC-alliansie se afwesigheid gedoen.
Die DA-alliansie wat VF-plus, Icosa en Suid-Kaap Saamstaan insluit, het tans die meerderheid stemme (13) in die munisipale raad uit 'n totaal van 25 stemme.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'