Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die Manne-aand wat Vrydagaand in die banketsaal op Oudtshoorn deur Eljada-Kairos skool aangebied is was 'n reusesukses met ongeveer 300 gaste, sport- en sakelui wat die geleentheid bygewoon het.
Die nasionale Springbok-rugbyspan se afrigter, Rassie Erasmus, en sy bestuurspan was ook teenwoordig by dié aand. Erasmus het as die hoofspreker opgetree.
Hierdie inisiatief deur Eljada-Kairos skool is van stapel gestuur om fondse in te samel om te verseker dat sportkodes van die skool provinsiaal en nasionaal aan byeenkomste kan deelneem.
Volgens Hennie Baartman, hoof van Eljada-Kairos skool, beskik die skool oor 'n magdom talent en bied die fondse wat ingesamel word die skool 'n gulde geleentheid om hierdie leerders te ontwikkel.
Hierdie inisiatief deur Eljada-Kairos skool was geloods om fondse intesamel om te verseker dat sportkodes van die skool provinsiaal en nasionaal aan byeenkomste kan deelneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'