OUDTSHOORN NUUS - 'n Man van Oudtshoorn wat drie jaar tronkstraf opgelê is nadat hy skuldig bevind is aan huisbraak met die doel om te steel en diefstal is 'n vry man nadat sy appél teen sy skuldigbevinding en vonnis deur die Kaapse hooggeregshof ter syde gestel is.
Robyn Britz is op 27 Oktober 2017 deur wyle streeklanddros Mark van Wyngaardt skuldig bevind maar nog nie gevonnis nie.
Die saak het daarna voor ‘n ander landdros gedien wie Britz op 3 Mei vanjaar tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis het en hom ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
Britz se regshulpprokureur, Eugene Roos, het op 7 Junie ‘n aansoek om teen die skuldigbevinding en vonnis te appelleer voor die hof gebring. Die appélhof het daarna beslis dat die betrokke landdros gefaal het om al die getuienis te laat opneem en te oorweeg.
Daar was erge weersprekings deur staatsgetuies omdat almal die betrokke dag gedrink het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'