OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie het Woensdag 17 Augustus ‘n 38-jarige man vir die besit van ammunisie sonder ‘n lisensie, besit van gevaarlike wapen asook besit van vermoedelik gesteelde goedere gearresteer.
Volgens ao. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, was die polisie besig met misdaadvoorkomingspatrollie in Jonesstraat toe hulle ‘n persoon opmerk wat heeltyd van rigting verander as hy die vangwa sien.
“Die polisie het by hom gestop en ‘n mes asook ‘n BS-battery in sy besit gekry. Hy kon geen verduideliking gee van waar hy die battery gekry het nie.
"Daar is ook R5-ammunisie in sy besit gevind.”
Die verdagte sal vandag (Vrydag 19 Augustus) in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'