DE RUST NUUS - Die De Rust-polisie vra die gemeenskap se hulp om Willem Potgieter (59) van Blomnek op te stoor.
Potgieter is as vermis aangemeld nadat hy Saterdag 22 Februarie ongeveer 09:00 vir die laaste maal opgemerk is in Blomnek. Hy het 'n mostert-kleurige T-hemp, swart denimbroek en swart Crocs aangehad.
Potgieter het 'n kaal kop met 'n grys baard, bruin oë, is klein gebou en 1.55m lank. Sy woonadres is 151 Alwynstraat in Blomnek, De Rust.
Enige persoon wat inligting het of weet waar hy hom bevind kan kontak maak met De Rust-polisie by 044 241 88 00 of die De Rust-sektor selfoon kontak op 079 894 1390 of alternatief Lee-Ann Potgieter op 081 029 3353.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’