OUDTSHOORN NUUS - Die hulp van die publiek word benodig in die soektog na Robert Schroeder (58) wat in George as vermis aangemeld is.
'n Voorlopige ondersoek na sy verdwyning toon dat hy op 11 Augustus 'n funksie in Herold naby George bygewoon het, vanwaar hy verdwyn het.
Hy is 1,89 meter lank en weeg 90 kilogram met 'n volbaard. 'n Soektog om hom op te spoor is in die omgewing van Herold aan die gang, maar sonder enige sukses.
Die ondersoekbeampte, sers. Fumanekile Nofemela, doen 'n beroep op enigiemand met inligting oor waar die man hom bevind om hom by die George-speurders te kontak by 044 803 4715, alternatiewelik, Stop Misdaad by 08600 10111.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’