OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie ondersoek ‘n klag van die afvuur van ‘n wapen in ‘n munisipale gebied sowel as poging tot moord na ‘n 33-jarige man na bewering sy vuurwapen op ‘n straatkind gerig het.
Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie het die voorval verlede Woensdag om 18:30 voor die CP Nel-museum gebeur.
“Na bewering was die persoon genader deur sowat 20 straatkinders wat begin oproerig raak het en van die kinders het glo messe gehad.
"Die man het toe sy vuurwapen uitgehaal en twee skote geskiet. Na bewering het hy ook die vuurwapen op een van die kinders gerig.”
Micheals sê die verdagte het reeds op 9 Februarie in die hof verskyn en die saak is na 16 Februarie uitgestel.
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'