OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ‘n man van Oudtshoorn wat van poging tot moord, roekelose en/of nalatige bestuur en bestuur sonder ‘n rybewys aangekla word, is Maandag in die Oudtshoorn-streekhof vir sy eie getuienis tot 14 September uitgestel.
Die Vernon Damakwa (34) het glo op 30 Mei 2019 naby die Bongolethu-polisiestasie probeer om ‘n polisiebeampte om te ry.
Die polisiebeampte het hom gewys om stil te hou nadat die polisie inligting ontvang het dat daar dwelms in sy Citi Golf is.
Lees meer in Donderdag se Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'