OUDTSHOORN NUUS - 'n Man van Bridgton is vanaand op die hoek van Jamakaai- en Pritchardstraat met 'n mes doogesteek.
Volgens 'n ooggetuie, was die oorledene op pad winkel toe, waar hy deur die verdagte ingewag is.
Die ooggetuie het aan die Oudtshoorn Courant gesê dat die verdagte blykbaar gesê het, "hier is jy nou", voordat hy 'n mes uitgepluk het en die oorledene een keer in die bors gesteek het.
Die oorledene wou volgens die ooggetuie ook 'n mes uithaal.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'