Update
DE RUST NUUS - 'n Verdagte (34) verskyn Maandag in die hof op 'n klag van moord na die dood van 'n 24-jarige man in Blomnek buite De Rust gister.
Sersant Chris Spies, polisiewoordvoerder van die Suid-Kaap het vandag in 'n verklaring gesê dat die De Rust-polisie die omstandighede rondom die dood van die man ondersoek.
Die voorlopige ondersoek dui daarop dat daar 'n struweling by 'n spazawinkel was waarna die slagoffer se liggaam in 'n oop stuk veld gevind is.
Volgens Spies het hy wonde aan sy nek en bors gehad. Hy is op die toneel deur paramedici dood verklaar.
Die verdagte is in aanhouding tot sy hofverskyning Maandag.
Spies sê ook dat 'n saak van openbare geweld geopen is nadat mense die spazawinkel geplunder het.
Drie voertuie is deur klippe getref en lede van die openbare orde polisiëringseenheid is ontbied om die situasie te stabiliseer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'