Update
OUDTSHOORN NUUS - Die bestuurder van 'n bakkie is op 'n ongelukstoneel vir kopwonde behandel nadat hy beheer oor die voertuig verloor het.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die ongeluk ongeveer 25 km buite Oudtshoorn gebeur en word geen klag ondersoek nie.
Die bestuurder van die bakkie was alleen in die voertuig en daar was ook geen ander voertuie by die ongeluk betrokke nie.
Die man was vanaf Oudtshoorn in Calitzdorp se rigting onderweg toe hy beheer oor die bakkie verloor het.
Die voertuig het die pad aan die regterkant verlaat en het deur 'n heining gerol.
Een van die man se skoene is ongeveer 10 meter van die ongelukstoneel gekry.
Hy was in staat om self uit die bakkie te klim en het die polisie geskakel.
Paramedici het hom op die toneel behandel waarna hy per ambulans na 'n hospitaal in Oudtshoorn geneem is.
Die bakkie was in die rigting van Calitzdorp op pad toe die bestuurder aan die verkeerde kant van die pad af is en die bakkie gerol het. Foto's: Liezl van Niekerk
Lees 'n vorige artikel: Man gelukkig om te oorleef na ongeluk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'