Gallery
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Een persoon is met ernstige kopbeserings na 'n hospitaal in Oudtshoorn geneem na hy vanoggend in 'n ongeluk op die Calitzdorp-pad betrokke was.
Volgens inligting wat die Oudtshoorn Courant bekom het was die man vanaf Oudtshoorn in Calitzdorp se rigting onderweg toe hy beheer oor die bakkie verloor het.
Die voertuig het die pad aan die regterkant verlaat en het deur 'n heining gerol waarna hy tot stilstand gekom het.
Een van sy skoene is ongeveer 10 meter van die ongelukstoneel af gekry.
Die bakkie is erg beskadig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'