OUDTSHOORN NUUS - 'n Polisieman verbonde aan die Oudtshoorn-polisie het Saterdagaand, 1 Junie, 'n man in die Bridgton-polisiestasie doodgeskiet.
Volgens Robbie Raburaru, woordvoerder van die onafhanklike polisie ondersoek direktoraat (OPOD), is hulle bewus van die voorval.
"Daar word beweer dat die oorledene by die polisiestasie opgedaag het om 'n klag te lê. Die beampte aan diens het gesê dat die oorledene onder die invloed van drank is en dat hy moet terugkom as hy nugter is. Die oorledene het na bewering die beampte op die kop en arm met 'n mes gesteek waarna die polisiebeampte die oorledene doodgeskiet het," het hy gesê.
Die beampte word steeds vir sy beserings in die hospitaal behandel. Die Oudtshoorn Courant het vertroulik verneem dat die oorledene 'n gewese polisieman was wat by die Dysselsdorp-polisiestasie gewerk het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’