OUDTSHOORN NUUS - 'n 53-jarige man van Rosebank is vanmiddag vermoedelik deur 'n kobra gepik.
Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant by sy huis in Angelicastraat het sy familie gesê die man is in die veld gepik.
Sakkie von Willon, die man wat gepik is, het self vir die Oudtshoorn Courant gesê dat jy twee slange in die veld gewaar het.
Hy het die een slang met 'n klip gegooi toe die ander slang hom gepik het. Mediese personeel was vinnig op die toneel en het hom gestabiliseer voor hy na die hospitaal geneem is.
Von Willon het gesê hy voel goed, maar voel moeg.
ARTIKEL & FOTO: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'