OUDTSHOORN NUUS - Die polisie is op soek na 'n man wat na bewering by 'n woning in Rosevalley ingebreek het en glo 'n 17-jarige meisie probeer verkrag het.
Volgens ao. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die voorval op 18 Desember 2021 gebeur.
"Die meisie het die nag 02:00 wakker geskrik omdat iemand glo in haar kamer was. Die man het glo bo-op haar gesit en haar met 'n mes gedreig. Haar ouma het die geskreeu gehoor en die verdagte het gevlug na hy gehoor het haar ouma roep na haar."
Die man is glo ongeveer 1,60 meter lank met donker oë en is tussen 20 en 30 jaar oud. Hy het die aand van die beweerde voorval 'n swart hoed opgehad.
Alle inligting sal vertroulik hanteer. Enigiemand met inligting kan ao. Wanietta Uys by 044 203 7500 skakel.
Die man is glo ongeveer 1,60 meter lank met donker oë en is tussen 20 en 30 jaar oud.
'Ons bring jou die nuuste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'