Update
OUDTSHOORN NUUS – "Oudtshoorn-munisipaliteit sal alles in hul vermoë doen om die 18,6% Eskom-tariefverhoging teen te staan," so lui die munisipale persverklaring wat vandag uitgereik is.
Chris Macpherson, burgemeester van Oudtshoorn sê dié verhoging sal armes en behoeftiges verder verarm en sal onredelike druk plaas op inwoners wat reeds onder moeilike ekonomiese omstandighede sukkel.
Verder sal die verhoging verreikende negatiewe implikasies op die begroting van die munisipaliteit hê.
"Hierdie ondeurdagte en irrasionele besluit deur 'n diensverskaffer wat tans nie eens 50% van sy dienslewering behaal nie, kan veroorsaak dat reeds wankelende munisipaliteite in duie stort.
Hoe kan Eskom die paar munisipaliteite straf wat hul rekeninge ywerig betaal en dit ook onmoontlik maak vir diegene wat agterstallig is om hul situasie reg te stel?
"Macpherson sê ook in die verklaring dat die regering en Eskom uitgedaag moet word om 'n lys te publiseer van munisipaliteite wat Eskom miljarde rande se uitstaande rekeninge skuld, asook die stand van betalings deur buurlande wat krag van Eskom ontvang."
Dit is tyd dat belastingbetalers en munisipaliteite wat gereeld hul rekeninge betaal, sê, 'Genoeg is genoeg' en die regering dwing om verantwoordelikheid te aanvaar vir die korrupsie en staatskaping wat die land lamgelê het.
Eskom is 'n skokkende voorbeeld van wat gebeur wanneer 'n regering toelaat dat eiebelang en selfverryking 'n prioriteit is. Hoe op aarde kan die regering eenvoudig bystaan en tariefverhogings toelaat terwyl miljarde uitstaande is van munisipaliteite en buurlande?"Volgens Machperson het SALGA, wat die nasionale stem van 257 munisipaliteite is, reeds hulle diep bekommernis oor die verhoging uitgespreek.
"Baie munisipaliteite het ook skriftelik hul teenkanting teen die tariefverhogings aan Eskom en NERSA uitgespreek" sê Macpherson.
Erenstige ekonomiese implikasies:
Macpherson voer ook aan dat beurtkrag 'n ernstige ekonomiese implikasies vir Oudtshoorn-munisipaliteit het wat versterk sal word deur die verhoging in tariewe, hy noem voorbeelde soos:
Besighede het noodsaaklike handelsure verloor wat die inkomste en salarisse van personeel beïnvloed, Dit het op sy beurt 'n negatiewe impak op munisipale dienste wat betaal word.Die munisipaliteit bestee tans honderde duisende rande aan brandstof vir kragopwekkers wat by verskeie punte gebruik word.As gevolg van beurtkrag is watertoevoer na De Rust, Dysselsdorp en die landelike waterskema 'n groot uitdaging omdat pompe nie lank genoeg kan werk om die reservoir op kapasiteit te hou nie. Dit beteken dat watertrokke groot afstande moet aflê om water aan hierdie gebiede te voorsien, wat enorme koste vir diesel en dienste tot gevolg het.
Die pad vorentoe:"Dit is duidelik dat die munisipaliteit nie vir Eskom kan wag om weer op skedule te kom nie en word ons gedwing word om te kyk na alternatiewe maniere om elektrisiteit op te wek," sê Macpherson.
Dit sluit in
:•m krag van onafhanklike verskaffers wat sonkrag gebruik, aan te koop
•Die ontwikkeling van 'n 100MW sonkragaanleg
•Besprekings oor die moontlikheid om hidrokrag by die Raubenheimerdam op te wek
•Die installering van UPS-stelsels om verkeersligte te bedryf.
Vorige artikel: Oudtshoorn-munisipaliteit is gekant teen Eskom-tariefverhoging
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'