OUDTSHOORN NUUS - ‘n 49-jarige vrou van Dysselsdorp verskyn Donderdag in die Oudtshoorn-landdroshof na sy na bewering die afgelope naweek haar seun met ‘n mes gesteek het.
Volgens kapt. Joey Strydom, bevelvoerder van die Dysselsdorp-polisiestasie, is Dulan Lingerveld een keer met ‘n mes gesteek.
Strydom sê daar het ‘n bakleiery tussen die ma en die seun ontstaan.
“Die bakleiery het glo oor kos gegaan. Die ma het ‘n mes in die hande gekry en die kind gesteek.”
Sy is op ‘n klag van moord in hegtenis geneem.
Die vrou het Maandag haar eerste verskyning gehad, maar is na Donderdag vir ‘n regsverteenwoordiger en ‘n borgtogaansoekdatum uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'