Allers het verlede week op sy amptelike Facebook-blad die raadsbesluit van 30 Oktober om die aansoek goed te keur, gedeel. In 'n gesprek met Oudtshoorn Courant hierdie week, het hy gesê mense moet besef dat hierdie slegs die goedkeuring van die aansoek was en dat daar nog 'n hele pad, wat in verskeie fases opgedeel is, voorlê.Die eerste fase wat op ontwikkeling van infrastruktuur sal fokus, word beplan vir Junie 2026.
Oudtshoorn se lughawe is ideaal geleë om ontwikkel te word. Gedeeltes van die burgemeester se inskrywing op sosiale media lui: "Die beplande opleidings- en logistieke sentrum, wat bekend sal staan as die Klein Karoo Airport Hub, is 'n kommersiële eiendomsontwikkeling wat logistiek, lugvaartondersteuningsdienste, kantoorruimte en pakhuise sal insluit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’