OUDTSHOORN NUUS - Die voormalige burgemeester van die groter Oudtshoorn, Chad Louw (ANC), het in reaksie op vandag se raadsvergadering waar Chris Mcpherson (DA-burgemeester), Mlandeli Nyuka (Suid-Kaap Saamstaan-onderburgemeester) en Johan Allers (VF-plus-speaker) as Oudtshoorn se nuwe politiese leierskap verkies was gesê dat dit onwettig was.
"Ons as die ANC en ANC-koalisie sal regstappe neem. Alle raadslede wat hierdie onwettige vergadering bygewoon het, sal die regskoste persoonlik dra.
"As die ANC sal ons aanhou veg vir ons mense, hetsy in die regering of in opposisie. Ons sal voortgaan om die waardes en kernbeginsels vir hierdie dorp te hervestig wat die vereniging van die mense van Oudtshoorn insluit, en ons sal voortgaan met die stryd vir fundamentele politieke, sosiale en ekonomiese verandering, " het Louw gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'