OUDTSHOORN NUUS - Dr. André Hattingh, 'n afgetrede neurochirurg en stigter van Pediatric Care Africa, se 3 500 km-trekkerrit, 'On-Trac-Tor', vir liefdadigheid begin Sondag.
Hattingh en sy vrou, Joyce Crompvoets, het onlangs na De Rust verhuis. Hy het in 2017 die nie-winsgewende organisasie, Pediatric Care Africa, wat help om mediese sorg aan kinders, wie se ouers dit finansieel nie kan bekostig nie, te bied.
Met 'On-Trac-Tor' beoog hy om die wêreldrekord te breek vir die langste trekkerrit en wil hy ook internasionale aandag vestig op die uiters hoë aantal grusame plaasmoorde elke jaar in Suid-Afrika. Die rit het ook ten doel om geld in te samel vir behoeftige kinders wat groter en meer ingewikkelde operasies benodig.
Die rit
Hattingh gaan oor 21 dae 3 500 km ry. Die rit begin Sondag 21 Julie tot Sondag 11 Augustus en begin en eindig in Nelspruit. Dit gaan plaasvind sonder 'n ondersteuningsvoertuig om aan die wêreldrekord se vereistes te voldoen.
Die roete vir Julie
- 21 Julie - Nelspruit na Burgersfort
- 22 Julie - Burgersfort na Mokopane (Potgietersrus)
- 23 Julie - Mokopane (Potgietersrus) na Thabazimbi
- 24 Julie -Thabazimbi na Magaliesburg
- 25 Julie - Magaliesburg na Randfontein en dan na Carletonville
- 26 Julie - Carletonville na Parys
- 27 Julie - Parys na Welkom via Bothaville
- 28 Julie -Welkom (Rusdag)
- 29 Julie - Welkom na Bloemfontein
- 30 Julie - Bloemfontein na Trompsburg
- 31 Julie -Trompsburg na Venterstad
- Hoe kan jy betrokke raak?
- 'n Borg Hattingh per kilometer.
- 'n Maak 'n eenmalige of 'n maandelikse skenking.
- 'n Skenk diesel vir die trekkerrit.
- 'n Word 'n vrywilliger by Pediatric Care Africa (Hier nooi Hattingh spesifiek ook dokters en ander medici om vrywillige dienste te lewer).
- 'n Help met ander skenkings soos kos, baba-/kinderklere en doeke.
Vir verdere inligting besoek die webwerf by www.pediatric-careafrica.org of kontak hulle by on-trac-tor@pediatriccareafrica.org of 076 229 5663.
Lees die vorige berig:
3 500km vir kinders en plaasmoorde
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’