OUDTSHOORN NUUS - Inwoners van Lategansvlei het verlede Saterdag Wêreldsingdag gevier.
Die nuwe AF2-verhoog is ook by die geleentheid ingewy.
Luzet Reuter het inwoners van Lategansvlei ook by World Singing Day ingeskryf en 'n video van die groep sal deel wees van hul amptelik video.
Die deelnemers het ook na die tyd sop en koek geniet wat deur Spekbos-kiosk voorsien is.
Volgens Reuter het die deelnemers die dag geniet.
"Die dag was 'n reusesukses. Dankie aan Marie-Antoinette Reifler wat die dag moontlik gemaak het en Thomas Forster van Switserland wat die geleentheid bygewoon het. Ons beplan om 'n groter en beter geleentheid volgende jaar aan te bied en ons hoop dat die hele Oudtshoorn hierby betrokke sal wees," het Reuter gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'