Gallery
OUDTSHOORN NUUS – Langenhoven Gimnasium se matriekklas van 2022 spog met 13 A-kandidate, waarvan vier leerders bo 90% gekry het.
Uit die 104 leerders het 102 kandidate geslaag.
FOTOGALERY: Langenhoven Gimnasium se matriekklas
Die topdrie leerders is Tanya Smit met 94,86%, Franke du Plooy met 92,86% en Jannike van Rensburg met 91,43%.
Langenhoven Gimnasium se klas van 2022 is dankbaar vir wonderlike uitslae.
Die top vier leerders van Langenhoven Gimnasium wat almal bo 90% gekry het is, Tanya Smit, Franke du Plooy, Jannike van Rensburg en Liebe Viljoen. Foto's: Sonia Wahl
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Karoo nuus'