OUDTSHOORN NUUS - Môrester Hoërskool se 2022-matrieks het vanjaar 'n slaagpersentasie van 81,9% behaal teenoor verlede jaar se 73,3% !
Die skool se waarnemende hoof, Brandon Claassen, het gesê dat die skool se opwaarste slaagpersentasie kurwe, die somtotaal van klein opofferinge is.
Die skool se topdrie leerders is Tamren Kiewiets, Blanché Hendricks en Marcha Flippies. Kiewiets het ook drie A-simbole in Afrikaans, LO en Engels behaal. Kiewiets het aangedui dat sy LLB aan die Universiteit van die Vrystaat gaan studeer, terwyl Hendricks by dieselfde universiteit B.Com gaan studeer.
Vakke wat 100% slaagpersentasie ontvang het, is Elektriese Tegnologie, Verbruikers Studies, Engels, Siviele Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Toerisme.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'