OUDTSHOORN NUUS - Twee lede van die Suid-Afrikaanse Weermag, Given Matjake en Mia Barendse, is verlede Donderdag as die fiksste soldate in die land in hul ouderdomsgroepe (18-34) aangewys.
Hierdie nasionale fikssheidstoernooi het verlede Maandag by die Infanterieskool op Oudtshoorn begin en het 'n week geduur. Bykans 200 soldate het deelgeneem.
Die deelnemers se fiksheidsvlakke is in swem, draf, stap, gewig-optel en 'n reeks behendigheids- en uithouvermoë roetines getoets.
Een van die hoofdoelwitte van die toernooi is ook om soldate fisies en geestelik gereed te kry en te hou vir oorlogsituasies.
Given Matjake Foto's verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'