OUDTSHOORN NUUS - Leerders en personeel van Laerskool Laurus het verlede week standpunt teen boeliegedrag ingeneem en dit op sigbare wyse uitgebeeld.
Volgens Ronelle Huysamen, skoolhoof, is een van die belangrikste eienskappe van die Laurus Meerkatjies dat hulle vir mekaar omgee.
"Saam word daar 'n omgewing van omgee en besker-ming geskep.
"Om hierdie rede staan die leerders en personeel saam op teen alle vorms van boelie."
Elke leerder het met 'n handafdruk op 'n muur onderneem om nie 'n boelie te wees nie.
'n Groep leerders van Laerskool Laurus by die muur waarop die hele skool se handdrukke verskyn. Foto verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'