LADISMITH NUUS - Ladismith kan voortaan gebruik maak van die nuwe moderne primêre gesondheidsorgkliniek in die dorp.
Dié kliniek is op Maandag 9 Desember amptelik geopen deur Andrew Stroebel, burgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit tesame met Mireille Wenger, Wes-Kaapse minister van gesondheid.
In sy toespraak het Stroebel daarop klem gelê dat hierdie 'n betekenisvolle stap vorentoe is vir gesondheidsdienste in die gebied. "Hierdie fasiliteit verteenwoordig meer as net 'n gebou, dit is 'n onderneming om inwoners se lewe te verbeter deur toegang te bied tot moderne en deernisvolle gesondheidsorg.
Stroebel het Wenger verwelkom en ten slotte genoem dat die Ladismith-kliniek 'n getuigskrif is tot haar visie om 'n plek van genesing, hoop en vooruitgang vir alle inwoners daar te stel.
Vorige artikel: Vrae rondom nuwe PSG-kliniek wat steeds toe is
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’