Die fonds is gestig om Kriel, ‘n gestremde Suid-Afrikaner wat gestrand is in die VSA, terug te bring huis toe en lootjies vir groot pryse is regoor die Suid-Kaap verkoop om die fonds aan te vul.
Bonitha Truter van Herold bestuur die fonds en sê R50 000 sal een van die duur ’spesiale behoefte’ kaartjies kan koop. "Baie boekies is nog uitstaande. Mense kan die lootjie wat in verlede week se Oudtshoorn Courant verskyn het gebruik. Baie dankie vir die Courant se ondersteuning. Die lootjies en geld kan by my by die Oudtshoorn Munisipaliteit of by Essie by Oudtshoorn Fietse ingehandig word. Kaartjies kos R10 een en heelwat is nog beskikbaar."
Dawid is in 2007 ernstig in ‘n motorongeluk in die VSA beseer en bly daar in ‘n versorgingsoord.
Die trekking vind op 9 November by Agri Klein-Karoo onder die boom voor die Inligtingskantoor plaas en almal wat ‘n lootjie gekoop het kan die trekking om 11:00 bywoon.
Aantreklike pryse is op die spel:
- Eerste prys - ‘n naweek vir twee (bed en ontbyt) by die Protea Hotel Knysna Quays;
- Tweede prys - ‘n nag se verblyf vir twee, ‘n wildrit en olifantervaring by Buffelsdrift Game Lodge;
- Derde prys - ‘n naweek vir twee by Kango Bergoord in Oudtshoorn met toegang tot die Kango Grotte, Kango Volstruisplaas en Rust en Vrede;
- Vierde prys - ‘n wildrit vir twee (waarde R1 000) by die Garden Route Game Lodge in Albertinia;
- Vyfde prys - toegangskaartjies vir twee persone by Monkeyland/Birds of Eden in Plettenbergbaai.
Skenkings is natuurlik ook welkom.
Dawid Kriel Trust
FNB
Rek no: 62311038831
Pretoria Noord
251045