Update
OUDTSHOORN NUUS - Die bewoner van 'n arbeidershuis op Volmoed het Saterdag aan polisie en omstanders gesê haar huis is kwaadwillig aan die brand gesteek.
Die vrou en haar vriend was nie by die huis toe 'n brand Saterdagmiddag uitgebreek het nie.
Die binnekant en inhoud van die tweevertrekhuisie is in puin gelê voordat die brandweer die vuur kon blus. Die huisbewoners het by vriende gekuier toe hulle van die brand in kennis gestel is. Volgens die woedende vrou het 'n familielid dieselfde middag tydens 'n stryery gesê' "julle sal sien wat ek gaan doen".
Die man wat glo vir die brand verantwoordelik was, is 'n rukkie later deur mense van die gemeenskap na die toneel gebring.
Hy is vir ondervraging en vir sy eie veiligheid deur die polisie weggeneem nadat die vrou gedreig het om hom aan te rand.
Vorige artikel: Brandstigting vermoed
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'