Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bewoners van 'n arbeidershuis op Volmoed vermoed dat iemand met wie hulle vroeër vandag gestry het, het moontlik hulle blyplek aan die brand gesteek.
Volgens die vrou wat na die brand op die toneel gekom het, ken sy die man wat sy verdink.
Die polisie het met 'n man gepraat wat deur mense na die toneel gebring is. Hy is vir sy eie veiligheid deur die polisie weggeneem nadat die vrou gedreig het om hom aan te rand.
Die twee vertrekke van die huis en alles wat binne was is vernietig.
Kyk 'n video hieronder:
Die twee vertrekke van die huis en alles wat binne was is vernietig.
Die arbeidershuis op Volmoed.
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'