OUDTSHOORN NUUS - Eskom het verlede week 'n kragonderbreking ervaar op die lyn wat elektrisiteit aan die boorgate in die Kammanasieberge verskaf. Hierdie boorgate verskaf water aan die KKLWS Water Suiweringswerke (WTW), vanwaar water versprei word na die landelike gebiede Oos van Oudtshoorn, insluitend Vlakteplaas en die dorp Dysselsdorp.
Met die herstel van die krag, het 'n opwelling verskeie elektriese skakeltuigkomponente by die boorgate beskadig. Die meeste hiervan is herstel. Dit het egter later duidelik geword dat die opwelling ook die toevoerkabel na die boorgate beskadig het.
Om geaffekteerde gebiede by te staan, is watertrokke ontplooi. Inwoners wat water benodig kan Klie¨ntediens by 044-203 3000 kontak om hul ligging aan te meld.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’