Update Video
OUDTSHOORN NUUS - Solomons is een van twee mans wat die naweek in aparte insidente vermoor is.
Volgens sers. Chris Spies, woordvoerder van die Suid-Kaap-polisie, is Solomons Saterdag 12 Augustus om 21:15 in Hoogstraat doodgesteek.
Die speurders in Oudtshoorn ondersoek twee klagtes van moord na twee persone in twee afsonderlike voorvalle vermoor is.
"Daar word beweer dat twee mans met mekaar baklei het. Een is 'n steekwond in die nek toegedien. Die slagoffer is deur paramedici op die toneel dood verklaar." 'n 20-jarige man is later in hegtenis geneem.
Video - 'n Kranslegging vir die 33-jarige Roydon Solomons is vanmiddag in Hoogstraat op Oudtshoorn gehou.
Vorige artikel: Twee moorde binne ure van mekaar
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’