OUDTSHOORN NUUSFLITS - Dele van Oudtshoorn-Noord is sedert gisteraand sonder krag na ‘n elektrisiteitstransformator glo ontplof het.
Volgens Aurelia Oliphant, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, word Johnsonsingel, Noord-, Reserwe-, Bird-, Hill-, Adderley-, Scheepers-, en Condorstraat geaffekteer.
“Die munisipaliteit werk hard daaraan om die transformator reg te maak.
"Die krag behoort nog vir ongeveer twee ure af te wees,” het sy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'