OUDTSHOORN NUUS - Animal Care Team SA (ACT), 'n liefdadigheidsorganisasie wat op die diere van die Oudtshoorn-streek fokus, het Saterdag, as deel van Mandeladag, blikkies geskud om fondse in te samel.
Vanessa Engelbrecht, voorsitter van ACT SA, sê hulle is geweldig dankbaar vir mense wat in die moeilike tyd nog bereid is om skenkings te maak.
"Ons het vir twee weke ook 'n trollie by Pick n Pay gehad waarin mense kos vir die diere kon skenk. Ons het 70 kg hondekos, 20 kg katkos en nat kos vir honde en katte ontvang en R1 500 ingesamel."
Engelbrecht sê die kos gaan hulle aan behoeftige diere in die Oudtshoorn-omgewing uitdeel as deel van hul bydrae tot Mandeladag.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'