OUDTSHOORN NUUS - 'n Polisiekonstabel wat ná ‘n skietvoorval op Ou Kersdag in Boegoestraat, Bridgton op Oudtshoorn, in hegtenis geneem is en op Woensdag 28 Desember in die hof sou verskyn, is deur die polisie vrygelaat.
Die polisie het volgens sers Christopher Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, na die voorval ‘n dossier van poging tot moord ge-open en ook beslag gelê op ‘n vuurwapen.
Die voorval het omstreeks 18:00 op Saterdag 24 Desember plaasgevind.
Die 32-jarige konstabel wat van diens was, was glo by sy ouerhuis in ‘n woordewisseling met ‘n groep mans betrokke waarna skote afgevuur is. Niemand is in die voorval beseer nie.
Die saak was egter nie op Woensdag 28 Desember op die hofrol nie en die verdagte is vrygelaat.
Die saak word steeds deur die polisie ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'