OUDTSHOORN NUUS - Lede verbonde aan Oudtshoorn-polisie se Vispol-eenheid het tesame met Avbob kolwyntjies uitgedeel by Helen Bellinganhof-versorgingsoord op Vrydag 14 Februarie vir Valentynsdag.
Die groep het as kelners opgetree en is middagte aan inwoners bedien.
Volgens ao Jacinda April is 'n positiewe boodskap oorgedra oor hoe lief God elkeen het.
Daar is lekker gesels en gekuier saam met de bejaardes.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’