Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Leerders van die Kaalvoet Tutor Sentrum vir kinders met neurodiversiteit neem deel aan die Bloekomboom-projek van die KKNK.
Die groep kinders het die afgelope week hul eerste van vier teken en beweginswerkswinkels bygewoon.
Daar was volstruise in reënboogkleure, monsteraalwyne en turksvybosse wat amper van die papier afgegroei het.
Die groep se kunswerke is gekies om tydens die KKNK uitgestal te word met die titel 'Diepe Grond' wat gelei word deur kunstenaar en kurator van die visuele program, Liza Grobler.
Volgens Adri Swart, skoolhoof by Kaalvoet Tutor Sentrum is die kinders ongelooflik trots met hul kunswerke en kan nie wag om dit op 'n amptelike uitstalling te sien nie.
Lees meer hieroor in die week se koerant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’