OUDTSHOORN NUUS - Kaartjieverkope vir die KKNK open op 1 Maart, vir die Vriende van die KKNK by Webtickets, terwyl dit van 3 Maart af vir almal te koop aangebied word.
Belangstellendes kan by die Vriende van KKNK aansluit deur 'n donasie van R350 te maak en kan dan vir twee dae eerste keuse op die beste produksies kry.
Vir meer inligting en die volledige feesprogram besoek op die KKNK webtuiste, of bel die feeskantoor by 044 203 6600. Of stuur 'n WhatsApp na 065 285 2337.
Bespreek verblyf by Lekkerslaap.
Die KKNK sal 'n inentingsmandaat volg, maar bepalings en voorwaardes vir uitsluitings geld.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'