OUDTSHOORN NUUS - Die KKNK, wat van 1 tot 6 April plaas-vind, het 'n spesiale kaartjiepromosie vir Oudtshoorn.Spaar 50% op uitgesoekte teaterkaartjies waaronder toneel, stand-up, kinderteater, musiek en dansteater én Oudtshoorniete kan Feesmark-weekkaartjies teen slegs R400 koop.
Kaartjies is slegs beskikbaar by die KKNK-kantoor (Die Neelsie, Jan van Riebeeckweg 217) en Toekomsrussaal (Zebraweg) van Donderdag 6 tot Saterdag 8 Maart, tydens kantoorure van 08:00 tot 17:00.
Tonele
Add my op die groep, Albatros, Annie+Helen, 'n Begin, Die een wat bly, Die potplant: 'n Tragedie, Die Swartmerrie, Dinner met Diek, Double Trouble: Bettie innie selle & Chronicles vannie Lavis, [Indistinct Chatter], Internet Sensasie, Isidlamlilo/The Fire Eater, Kroon en konfetti, Kruispad of Die legende van die goue vis, 'KUNS', Marion Monroe, Moedswil en muitery, Laaitie mettie biscuits, Liefdesbriewe, Öh, Pieces of me, Sonde met die spoke, Speelgoed van glas, Stinkhout, Wag!
Stand-up
Iets histeries stand-up pakket met KG Mokgadi, Stuart Taylor, Nina Hastie, Yaaseen Barnes en Virgil Prins, asook Stuart Taylor: Odd man out en Yaaseen Barnes: The Alles in the Malles
Kinderteater
Liewe Heksie en die wals en The King of Broken Things.
Musiek
88, Amanda Strydom: The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder, Blues by die kruispad, Danie Reënwolf en Johan du Toit: Songs, stories en gedigte, Die gevlerktes, Frieda van den Heever: Spoorsny, Klassiek en kwêla tot tango en techno en -LOOS.
Dansteater
SALT en Die een wat bly.
Vir meer inligting oor dié produksies, besoek kknk.co.za.
Bring 'n bewys van Oudtshoorn-verblyf om te bespreek. Beperkte aantal kaartjies is beskikbaar.
Moenie hierdie geleentheid misloop nie!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’