OUDTSHOORN NUUS - Klein Karoo Toyota het twee toekennings ontvang tydens die Absa Voertuig- en Batefinansierings Goue Vennoot-toekenningsaand 2021, wat by die Marriot Hotel in Melrose Arch op 21 Mei plaasgevind het.
Absa het die top franchisehandelaar en nie-franchisehandelaar in die klein-, medium-, groot-, en megakategorieë erken. Anru de Wet (handelaarshoof van Klein Karoo Toyota) en Louis de Wet (direkteur van Klein Karoo Toyota) het onderskeidelik die Absa Goue Vennoot-toekenning in die franchisehandelaar mediumkategorie gewen en is as nuwe voertuig franchisehandelaar van 2021 aangewys.
Dit is die 30ste keer wat Klein Karoo Toyota die ABSA Goue Vennoot-kompetisie ingepalm het.
Hulle skryf die prestasie toe aan hulle hardwerkende personeel en lojale kliënte se volgehoue ondersteuning deur die jare.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'