Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Lede van die Klein Karoo vroeë kindontwikkelingforum en 'n paar leerders van ongeveer ses kleuterskole in Oudtshoorn het vanoggend aan 'n plakkaat-optog deelgeneem om volwassenes bewus te maak van geweld teen kinders.
Die onderwysers van die skole en die leerders het in Zebraweg by mekaar gekom en saam aan die optog tot by die Bridgton-sportgronde deelgeneem.
Volgens Sarie Suman, 'n lid van die forum, is dit hul doel om mense meer bewus te maak van die broosheid van kinders en om op te staan teen die geweld wat die afgelope tyd in die land gepleeg word.
Sprekers soos die polisie, maatskaplike dienste en die ACVV het met die ouers wat teenwoordig was gesels.
Dit is hulle doel om mense meer bewus te maak van die broosheid van kinders en om op te staan teen die geweld wat die afgelope tyd in die land gepleeg word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'