OUDTSHOORN NUUS - Daar was vanmiddag 'n kettingbotsing in Dassieweg.
Volgens inligting wat die Oudtshoorn Courant op die toneel bekom het, het 'n polisievangwa in die pad gestaan.
Die bestuurder van die Volkswagen Polo het glo agter die vangwa gestop waarna die munisipale vragmotor toe agter in die Polo vasgery het en die Polo in die vangwa ingestamp het.
Niemand is in die ongeluk beseer nie.
Die bestuurder van die Volkswagen Polo het glo agter die vangwa gestop waarna die munisipale vragmotor toe agter in die Polo vasgery het.
'n Polisievangwa het in die pad gestaan. Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'