Update
OUDTSHOORN NUUS - Adri Odendaal, Kansa volhoubaarheid-projekkoördineerder, het onlangs 'n groot meevallertjie vanaf Dankie Lottoland, vir haar Kansa-projekte ontvang.
Dankie Lottoland is 'n program op kykNET waar Lottoland, Suid-Afrikaners se wense vervul.
Odendaal het in April aan Dankie Lottoland geskryf om te vra of hulle bereid sou wees om 'n skenking aan Kansa-sorgsentrum in George te maak. "Min mense weet van die sentrum, daarom het ek ingeskryf."
Dankie Lottoland het tydens die verfilming van dié program 'n R180 000 skenking aan George se Kansa-sorgsentrum gemaak.
Odendaal vertel dat sy uit haar nate van blydskap was toe hulle ook R80 000 aan haar Kansa-projekte skenk.
Odendaal vertel dat sy grootgemaak is om as projekkoördineerder vir Kansa te werk en wanneer jy haar vra wat die moeilikste deel van haar werk is, sê sy dat dit was om vir skenkings en geld te vra.
"Ek het nou 'n professionele bedelaar geword, dit pla my glad nie meer nie. Ek doen dit vir my pasiënte."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'