OUDTSHOORN NUUS - Bridgton-rugbyklub het Maandagaand, 29 Januarie, tydens 'n ledevergadering, 'n nuwe voorsitter gekies. Jason Abrahams (29), 'n onderwyser van beroep, beklee hierdie posisie reeds vir die afgelope drie maande, alhoewel dit in 'n waarnemende hoedanigheid is.
Sy amptelike aanstelling maak hom ook die jongste rugbyklubvoorsitter in SWD, sowel as in die klub se geskiedenis.
Abrahams se termyn sal strek tot einde 2024 wanneer 'n nuwe bestuur gekies word. Sy aanstelling volg nadat die vorige voorsitter, Phillip Goliath, verlede jaar November aangedui het dat hy weens persoonlike redes afstand van die voorsitterstoel moet doen.
Lees die volledige berig in die week se Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’