Update
OUDTSHOORN NUUS - Denzil Tarentaal (24), 'n jongman van Smartie Town, is verlede Donderdag van sy lewe ontneem nadat hy drie keer deur 'n vriendin met 'n mes gesteek is.
Die oorledene was 'n werknemer van Steve's Car Wash.
Volgens 'n ooggetuie, het die oorledene die Woensdagaand by hom oorgeslaap nadat hulle gedurende dié dag saamgekuier het.
Die vriendin, wat Tarentaal doodgesteek het, en haar vriende het die Donderdagoggend by die ooggetuie se opslaanhut opgedaag waarna hulle almal saamgekuier het.
Die ooggetuie het gesê dat die vriendin Tarentaal aanvanklik op die boud gesteek het.
"Ek het eers gedink dat dit 'n speletjie is. Sy het egter Denzil vir 'n tweede keer op sy ken gesteek en dis toe dat ek besef het dat sy ernstig is. Ek het haar gevra waarom sy dit doen, waarop sy geantwoord het dat Denzil haar uittart. Sy het hom vir 'n derde keer in sy bors gesteek waarna hy probeer weghardloop het.
"Ek het opgespring en haar met 'n plank gemoker om haar tot haar sinne te probeer bring."
Volgens die ooggetuie, het Tarentaal sowat 20 tree gehardloop voordat hy geval het en nie weer opgestaan het nie.
Lees 'n vorige artikel: Jong man met mes doodgesteek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'