OUDTSHOORN NUUS - ‘n 18-jarige man, Heinrich Roman, is gisteraand in Johansenstraat doodgesteek. Volgens sersant Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn Courant het die voorval om 20:20 plaasgevind.
“Met die polisie se aankoms op toneel het hulle die 18-jarige oorledene met een steekwond aan sy bors gekry. Hy is dood verklaar op die toneel deur ambulanspersoneel.”
Micheals sê ‘n 26 jarige-verdagte is op ‘n klag van moord gearresteer.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'