Breaking News Update
OUDTSHOORN NUUS - Gerika Daniels (30) het gisteraand, 3 Maart, in Tygerberg-hospitaal gesterf weens komplikasies nadat sy op 1 Februarie derdegraadse brandwonde oor haar hele lyf en gesig opgedoen het nadat die opslaanstruktuur waarin sy en haar dogtertjie, Eshline (18 maande) gewoon het, afgebrand het.
Haar toestand die afgelope maand was baie wisselvallig terwyl sy behandeling vir haar beserings, asook twee veloorplantings ontvang het.
Sy het egter op 'n stadium longinfeksie en longontsteking opgedoen wat later verbeter het.
Haar toestand het egter Maandagmiddag versleg. Sy word oorleef deur haar 11-jarige seun, Kaylo en Eshline. Haar ouers is reeds jare gelede oorlede. Tans sien familie om na beide kinders. Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.
Vorige artikels
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’