OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-tak van SA Jagters het op 11 en 12 Augustus hulle eerste toegewyde jagterskursus aangebied.
Die onderwerpe van die kursus was etiek en jag, jagwetgewing, bedreigde en beskermde spesies, dierekennis, voëlkennis, noodhulp, oorlewing, wapenkennis en kennis van die wet op die beheer van vuurwapens.
Na afloop van die kursus is 'n skriftelike eksamen afgelê wat gevolg is deur 'n skiettoets oor 100m.
Volgens Nico van der Merwe word 'n soortgelyke kursus vroeg in 2018 aangebied.
Daar word ook beplan om 'n sportskiet en baanoffisierskursus aan te bied.
Instrukteurs en jagters wat die kursus bygewoon het. Van links is: Deon van Wyk (George), Bermon Verster (Langkloof instrukteur), Nico van der Merwe (Oudtshoorn instrukteur), Wynand Saaiman (Ladysmith) en Gerhard Langridge (Wellington). Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'