OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-diereherberg is besig met voorbereidings vir die jaarlikse Kersboom-projek wat dié jaar op 7 Desember aangebied word.
Hierdie geleentheid is ’n hoogtepunt op die Diereherberg se kalender en bied die gemeenskap die geleentheid om diere in nood te bederf en te ondersteun.
Ansa de Jager, stigter van die Diereherberg, nooi die gemeenskap om hierby betrokke te raak.
"Ons wil graag die gemeenskap se hulp vra met skenkings vir hierdie projek. Die Kersgeskenkpakkies vir die diere bevat gewoonlik twee blikke hondekos, ’n warm kombersie, ’n groot kosbak, ’n speelding en dierevriendelike lekkernye."
Die Kerspartytjie vind om 11:00 by die Diereherberg se perseel op die Rooiheuwelpad, oorkant die munisipale skut plaas.
Enigiemand wat betrokke wil raak of 'n skenking wil maak kan Carol Rheeder by 074 279 2898 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’